Saalbyeenkomste is nie meer iets van die verlede nie. Die skool het teruggekeer na tradisionele saalbyeenkomstes soos dit altyd gedoen is.
Die graad 10-12`s kom op Maandae byeen en die graad 8 en 9`s kom op `n Vrydag in die saal byeen. Die week is die skool se verskeie sportsoorte se eerstespanne aan die skool voorgestel.
The grade 11 learners had the opportunity to attend the armed forces career day in Richards Bay on the 17th of February. Learners could learn about the different types of careers that are available in the armed forces. This was a wonderful opportunity for learners to learn about career opportunities that they do not get exposed to on a regular basis.
Die jaarlikse swemgala het in die week plaasgevind. Die leerders het die geleentheid gehad om hul staal in die water te wys. Sulé-ka du Toit en William Lang is aangewys as Junior Victor en Victrix Ludorum. Rebecca Mattison en Kyle Barsdorf is angewys as Senior Victrix en Victor Ludorum. Die leerders het weer soos oudergewoonte die nuwe onderwysers ingehuldig deur hulle in die swembad in te gooi.
The ACTS club held a praise and worship session for learners that were interested on Friday the 24th of February. The learners enjoy being part of something bigger.