- (034) 982 2239
- 138 Republiek Straat
- admin@vryheidhigh.co.za
Hoërskool Vryheid het ‘n trotse tradisie waaraan baie toegewyde ouers, personeel en leerders deur die jare gebou het. Dit is ‘n eer en voorreg om aan die skool verbonde te wees en daarom moet ons ten alle tye daarna streef om in ons gemeenskaplike doel van opvoeding te slaag. Die skool se leuse, Tenax Propositi Vinco, (deur volharding word sukses behaal) moet altyd met trots bejeën word. Ons doel is om lojaal te wees teenoor almal wat saam met ons deel is van Hoërskool Vryheid. In nakoming van die daargestelde skoolreëls vind opvoeding in ‘n gedissiplineerde milieu plaas en eers dan word die leerders gelei tot verantwoordelikheid, om uiteindelik hul plek in die samelewing te beklee.
Vryheid High School has a proud tradition built by dedicated parents, staff and pupils over many years. It is an honour and privilege to be connected with this school, and therefore in our common aim of education, the school’s motto ‘Tenax Propositi Vinco’ (victory through perseverance) shall serve as our basis and as an incentive. Our aim is to be loyal towards everybody who forms part of Vryheid High School. When learners obey the rules, education takes place in a disciplined environment, and only then are learners led to responsibility and eventually, they will take their place in society as responsible, moral adults.
Volgens die landswette is die volgende streng verbode: rook (beperk in openbare plekke), alkohol- en dwelmgebruik en die besit van ‘n wapen deur enige kind. Daarom mag geen leerder in die besit wees van, verbruik, handel dryf of verkoop van sigarette, alkohol, dwelms, wapens, satanistiese of pornografiese materiaal nie. VHS het ‘n algehele verbod op selfone en soortgelyke elektroniese toestelle in plek. Dit beteken dat die besit en/of gebruik daarvan tydens skoolure op die skoolgronde ontoelaatbaar is. Sodanige toestel sal onmiddellik gekonfiskeer word. Gekonfiskeerde toestelle kan na ‘n tydperk van een kwartaal (55 skooldae) deur ouers/voog opgeeïs word. Identifikasie word egter hiervoor benodig. Die skool aanvaar nie aanspreeklikheid vir die verlies en/of skade van selfone nie. ‘n Leerder se gedrag sal ten alle tye van so ‘n aard wees dat dit aan algemene beskaafde standaarde voldoen en die skool se beeld nie skaad nie. Dit impliseer die volgende:
The following is strictly prohibited according to the law of the country: smoking (restricted in public places), alcohol or drug abuse and the possession of weapons by any child. Therefore no learners are allowed to be in possession of, consume, trade or sell cigarettes, alcohol, drugs, weapons, satanistic or pornographic material. VHS now has a total ban on cellphones and any other similar electronic devices. That means the possession and use of these devices during school hours on the school property is strictly forbidden. Any such device will be confiscated immediately. Confiscated devices can be fetched from the school by parents/guardians after a term (55 school days) has elapsed. Identification will be required upon collection. The school does not accept responsibility for any loss/damages of such devices. A learner’s behaviour and appearance shall comply with the general civilised norms and it should not be to the detriment of the school’s good name. This implies that following:
Vlak 1 – Dit is die volgende:
Vlak 2 – Dit is die volgende:
Vlak 3 – Dit is die volgende:
Vlak 4 – Dit is die volgende:
Vlak 5
Level 1 – These are:
Level 2 – These are:
Level 3 – These are:
Level 4 – These are:
Level 5
WAARSKUWING | Vlak 1 & 2 | SUSPENDERING | Vlak 3 | SKORSING | Vlak 4 & 5 |
---|---|---|
Oneerlikheid in klas | Oneerlikheid in toetse/eksamens | |
Diefstal | Roof | |
Leuntaal | Blatante oneerlikheid | |
Doelbewuste aksies gemik om opvoeders en medeleerders te verneder. Krenkende, verpersoonlikde graffiti | Dreigemente gerig aan opvoeders. Dreigemente van geweld gerig tot medeleerders. Intimidasie van andere om instemming af te dwing. | Besit van ‘n wapen by die skool bv. vuurwapen, mes met lem langer as 4 cm, dolk, panga, replikavuurwapen, ens. Ernstige aanranding op opvoeder, nie-opvoeder, leerder. Enige aksie wat volgens die dissiplinêre turbinaal die lewe en veiligheid van ander bedreig. |
Beskadiging van skooleiendom sowel as eiendom van andere. | ||
Besit van pornografiese/onwelvoeglike materiaal. | Verspreiding van pornografiese/onwelvoeglike materiaal | |
Besit/gebruik/verkoop (smous) van verdowingsmiddels of enige moreel aftakelende aksies | ||
Rook by die skool. Gebruik van vuiltaal in die openbaar. Naam van die skool deur die modder sleep. | Voortgesette rook by die skool. | |
Voortgesette ongehoorsaamheid. Voortgesette niesamewerking met opvoeders of skoolowerhede. | Opsetlike, en ernstige ondermeining van die gesag die hoof en opvoeders. Stokkiesdraai. | Voorgesette uittarting van die skoolowerhede. |
Seksuele aanmerkings. Seksuele teistering | Herhaling van seksuele aanmerkings en teistering. | Aggressiewe aksies gemik op die verkrying van seksuele gunste. Seksuele aanvalle: seks-verwante misdade/wangedrag, insluitende verkragting en seksuele aanval. |
Aksies gemik om rassisme aan te vuur. | Skuldigbevinding in ‘n geregshof. |
WARNING | Level 1 & 2 | SUSPENSION | Level 3 | EXPULSION | Level 4 & 5 |
---|---|---|
Cheating in class | Cheating in tests / examinations | |
Theft | Robbery | |
Lying | Blatant dishonesty | |
Actions obviously aimed at humiliating educators and fellow learners. Hurtful, nasty, personalised graffiti. | Threats to educator. Threats of violence to fellow learners. Intimidation of others to enforce acquiescence. | Possessing a weapon at school, eg firearm, knife with blade longer than 4 cm, dagger, panga, replica of firearms, etc. Serious assault: educator, non-educator, learner. Any act, which in the opinion of the disciplinary tribunal, endangers the life and safety of others. |
Damage to school’s property. Damage to property of others. | ||
Possession of obscene/pornographic material. | Distribution of obscene/pornographic material. Possession/Use/Sale (peddling) of drugs, and similar morally debilitating actions. | |
Smoking at school. Use of vulgar language in public. Bringing school’s name into disrepute. | Repeated smoking at school | |
Persistent disobedience. Persistent non-cooperation with an educator or with the school authorities. | Deliberate and serious undermining of the authority of the principal and educators. Truancy. | Repeated defiance of the school authorities. |
Sexual remarks. Sexual harassment. | Repeated gender harassment. | Sexual coercion: aggressive action aimed at procuring sexual favours. Sexual assault: sex-related crimes/misconduct – including rape and sexual assault. |
Actions provoking racism | Guilt proven in a court of law. |
STRAFMAATREËLS
Die strafstelsel van die skool is gebaseer op die bogenoemde in nommer 6.
LET WEL:
Dit is nie die bedoeling om elke moontlike oortreding wat deur ‘n leerder begaan kan word hier te beskryf en straf te bepaal nie. Die beleid is egter altyd om toepaslike straf aan oortredings te koppel. Bo en behalwe bogemelde reëls en gebruike begaan ‘n leerder ‘n oortreding deur enige handeling of versuim wat die goeie orde, goeie naam, eiendom, eer of veiligheid van leerders of personeel aantas, beskadig of benadeel of daartoe kan lei. Dit is die uitsluitlike diskresie van die skoolhoof, of ‘n persoon deur hom daartoe gemagtig, om te bepaal of sodanige handeling of versuim ‘n oortreding van bogemelde bepaling daarstel.
SLOT:
Dit is ons gemeenskaplike doel as ouers en personeel om ons opvoedingstaak as plig teenoor God, ons naaste en ons kinders ten alle tye na te kom. Ons as leerders moet dus hierdie roeping respekteer en gesag aanvaar en gevolglik die reëls nakom. Indien die reëls oortree word, sal leerders gestraf word na gelang van die erns van die oortreding. Die finale beslissing berus in die hande van die skoolhoof, in samewerking met die Beheerliggaam van Hoërskool Vryheid, waar verlang.
PUNISHMENT:
The punishment system of the school is based on the above mentioned in
number 6.
N.B.
It is not the intention to describe every offence a learner may commit and to determine punishment for it. The policy, however, is to link appropriate punishment to offences. Over and above the abovementioned rules and customs a learner commits an offence by any action of neglect that damages or harms the good order, good name, property, honour or safety of learners or staff of by any action that can lead to it. It is the sole discretion of the principal, or a person so authorised by him, to determine if such action of neglect constitutes an offence of the abovementioned provision.
CONCLUSION:
It is the common aim of both parents and teachers to fulfil our task of educating children to be moral, responsible adults. We as adults have to respect this vocation, and accept this calling. The rules are designed to assist our educative task. If these rules are transgressed, learners will be punished in accordance with the seriousness of the transgression, but the final decision will be vested in the authority of the principal in conjunction with the Governing Body if necessary.