It is encouraging to see that our learners are still excelling despite the uncertain times we are facing. We would like to congratulate the following choristers that have been selected to represent NKZN Youth Choir: Amahle Dlamini, Khutso Selowa, Bonga Xaba, Andiswa Dlamini, Simphiwe Xaba, Owami Zulu. Jano Strydom has also been awarded the Drummond Densham Junior Honorary officer of the year. Congratulations to you all.
‘Oom’ Chris soos hy aan ons bekend was het in 1951 by Hoërskool Vryheid gematrikuleer. In 1957 word hy as onderwyser by Hoërskool Vryheid aangestel waar hy onder andere Tikskrif, Snelskrif en ander handelsvakke aangebied het. Hy was vir 31 jaar betrokke by VHS. Hy het vele rolle by VHS vervul, onder andere het hy die VHS-Busdiens tot stand gebring. Hy was lank die redakteur van die skool se jaarblad en ook die skoolkoerant wat kwartaalliks uitgebring is. Die twee dokumente het hy self op ‘n drukpers by die skool gedruk. Een van sy trotse funksies was om die skoolrooster, toe nog met die hand geskryf, saam te stel. Oom Chris was ook beheer van die skoolprefekte die Junior Stadsraad, fotografie asook vele ander kultuuraktiwiteite. Oom Chris gaan nie net ‘n leemte laat in sy gesin nie, maar by almal wat hom geken het.
Rus sag oom Chris en dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons gestel het.